top of page
LORD MILNER.jpg

Akkommodasie

Matjiesfontein bied geen ander akkommodasie buiten die Lord Milner Hotel nie.

Moet wel nie vrees nie (met ander woorde: jy kan relax), die dorp is nét ons s'n vir die naweek en daar is meer as genoeg slaapplek.

​

Anli & Estian wil graag seker maak dat almal gemaklik is en sal dus kamers indeel soos dit sin maak.

​

Akkommodasie kan vanaf die 25ste Oktober hier gebook word: 

023 561 3011 / bookings@lordmilnerhotel.co.za

​

Maak seker om te noem dat dit vir Anli & Estian se troue is sodat hulle jul nie wegwys nie, maar meer so, om seker te maak dat julle jul 10% afslag kry (hoara!). 


Die hotel sal vir julle aandui in watter kamer jul slaap en sal van daaraf julle booking en betaling met julle kan finaliseer. Maak seker om aan te dui vir hoeveel aande julle ons join en maak asseblief seker om te vra of jou akkommodasie ontbyt insluit - alle kamers en pryse sluit nie ontbyt in nie.

​

Indien daar vrae of versoeke oor die akkommodasie is, is julle welkom om direk vir Anli of vir Estian te kontak.

​

Vir etenstyd behoeftes sal julle gesort wees tussen die Lord Milner Hotel se kombuis, die Laird's Arms Pub se pub lunches, en die Coffee House. Hierdie is alles stapafstand (die hele dorp is).

​

Eie eet en drinkgoed word toegelaat by Matjiesfontein, maar slegs in die die privaatheid van gaste se akkommodasie. Ons vra dat gaste asseblief Matjiesfontein en hulle geriewe ondersteun en respekteer sover moontlik.

​

Julle is welkom om hier te gaan loer vir meer inligting oor Matjiesfontein: https://www.matjiesfontein.com/

AKKOMMODASIE: About
AKKOMMODASIE: Pro Gallery
bottom of page