Hier is die plan!
16 Desember - 19 Desember 2021
Ons is baie opgewonde om die naweek saam met elkeen van julle te spandeer!
Daar is groot planne vir 'n moerse celebration.
Donderdag, 16Â Desember
Die Partytjie-Trein, nou 'n trou-convoy op die N1, vertrek vanaf Pretoria.
Vroeg Oggend
Donderdag, 16Â Desember
17h00
Aankoms in Matjiesfontein.
Settle in & Relax.
Middagete & Aandete: Die Coffee House en die Laird’s Arms Pub is oop vir lunch. Aandetes kan by die Lord Milner Hotel geëet word.
Verken Matjiesfontein: Verken Matjiesfontein op julle eie tyd. Dit is ’n klein dorpie met baie geskiedenis.
Donderdag, 16Â Desember
19h00
Pub Night @ The Laird’s Arms Pub
Ons kuier in die Laird’s Arms Pub waar Johhny vir ons klavier gaan speel en ons kan saam sing. Pak asseblief ’n geldjie in vir Johnny se hoed.
​
Donderdag, 16Â Desember
22h00
Sterre-kyk in die Karoo
Ons reël moontlik 'n sterre-kyk geleentheid in die Karoo veld na ons gesing en gepub het.
​
Vrydag,
17Â Desember
Die hele dag
Breakfast: Breakfast kan geniet word by die Lord Milner Hotel of by die Coffee House. Maak dubbelseker of jou kamer ontbyt insluit. Indien wel, sal jou ontbyt by die Lord Milner Hotel bedien word.
​
10h30 | WimbleGin @ Tennisbane
Ons gaan ’n paar rondtes tennis instel op Matjiesfontein se bane. Gryp ’n drankie en kom geniet dit saam met ons as ’n speler, as ’n toeskouer, of as ’n self-aangestelde umpire. Lootjies sal getrek word om op spanne te besluit.
​
12h00 | Lunch
Lunch kan geniet word by die Laird’s Arms Pub of by die Coffee House.
​
14h00 | Tuinkrieket & Swem @ Matjiesfontein Botaniese Tuin
’n Tradisionele spel tuinkrieket gevolg deur ’n swem as jou paaltjes val.
​
Daar is ’n heerlike botaniese tuin en meer as genoeg plek by die swembad om die krieket te geniet as toeskouer ook. Bring ’n boek vir onder die bome as jou hart dit sou begeer.
​
19h00 | Swembad Sundowners
Pak vir jou ’n drankie en kom geniet saam met ons die laaste keer wat die son sak op ’n ongetroude Anli & Estian.
​
20h00 | Boerie Night in die Courtyard
Boeries en slaai sal voorsien word. Die pub is aldag en heeldag oop om vir drankies te sorg.
Saterdag, 18Â Desember
Estian & Anli se verhaal as Die Mullers begin!
TROUDAG
Sondag,
19Â Desember
Ontbyt kan weer geniet word by die Lord Milner Hotel of by die Coffee House.
Sien vervoer reëlings op die website vir ekstra inligitng.
Ontbyt & Vertrek
Hey jy!!
Die Muller As Die Wildtuin naweek is ook julle naweek. Geen aktiweite of deelname word verplig of verwag nie. Ons grootste wens is dat julle die naweek net so baie soos ons geniet.
Matjiesfontein bied ook heerlike self-stap roetes en fietsry roetes in die middel van die Karoo. Voel asseblief meer as welkom om hierdie naweek te geniet presies soos wat julle hom wil onthou!